Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 30:18-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. So sê יהוה: ‘Let op, Ek sal die voorspoed van die tente van Ya’akov herstel en My oor sy blyplekke ontferm en die stad sal op sy puinhoop herbou word en die paleis sal op sy regte plek staan.

19. Vanuit hulle sal danksegging en die stem van hulle wat feesvier uitgaan en Ek sal hulle vermenigvuldig en hulle sal nie verminder nie; Ek sal hulle ook eer en hulle sal nie gering wees nie.

20. Hulle seuns sal ook wees soos vroeër en hulle bymekaarkoms sal voor My vasgestel wees en Ek sal al hulle onderdrukkers straf.Hag 1:12,14;2:4,5,21-23; Z’kh 4:6-10

21. Hulle leier sal een van hulle wees en hulle heerser sal uit hul midde kom en Ek sal hom nader bring en hy sal nader kom na My toe, want wie sal sy lewe waag om nader te kom na My toe?’ verklaar יהוה.

22. ‘Julle sal My volk wees en Ek sal julle God wees.’”

23. Let op, die storm van יהוה! Toorn het uitgegaan, ’n kolkende storm! Dit sal oor die koppe van die bose oortreders losbreek.

24. Die ernstige woede van יהוה sal nie terugdraai nie totdat Hy die beplanning van Sy denke uitgevoer en voltooi het; in die laaste dae sal julle dit verstaan.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 30