Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 27:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. maar die nasie wat sy nek onder die juk van die koning van Bavel sal bring en hom dien, dié sal Ek in sy land laat bly,’ verklaar יהוה ‘en hulle sal dit bewerk en daarin bly.’”

12. Ek het woorde soos hierdie met Tzidkiyahu, koning van Y’hudah gepraat en gesê: “Bring julle nekke onder die juk van die koning van Bavel, dien hom en sy volk en leef!

13. Hoekom sal u sterf, u en u volk, deur die swaard, die hongersnood en die pes, soos יהוה met daardie nasie gepraat het wat nie die koning van Bavel sal dien nie?

14. Moet dus nie luister na die woorde van die profete nie. Hulle wat met julle praat en sê: ‘Julle sal nie die koning van Bavel dien nie,’ want hulle profeteer vir julle ’n leuen,

15. want Ek het hulle nie gestuur nie,” verklaar יהוה, “maar hulle profeteer vals in My Naam (Karakter en Outoriteit) sodat Ek julle kan uitdryf en julle kan omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.”

16. Ek het met die priesters en met hierdie hele volk gepraat en gesê: “So sê יהוה: Moenie luister na die woorde van julle profete, wat vir julle profeteer en sê: ‘Let op, die voorwerpe van die huis van יהוה sal nou binnekort uit Bavel teruggebring word’ nie, want hulle profeteer ’n leuen vir julle.

17. Moenie na hulle luister nie; dien die koning van Bavel en leef. Waarom moet hierdie stad ’n puinhoop word?

18. As hulle egter profete is en as die woord van יהוה by hulle is, laat hulle יהוהTzva’ot nou versoek dat die voorwerpe wat in die huis van יהוה en die huis van die koning van Y’hudah en in Yerushalayim oorgebly het, nie na Bavel mag gaan nie,2 Kon 25:15-17

19. want so sê יהוה-Tzva’ot aangaande die pilare, die see, die staanders en die ander voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het,

20. wat N’vukhadnetzar, die koning van Bavel, nie gevat het toe hy Y’khonyahu, die seun van Y’hoyakim, koning van Y’hudah, saam met al die edeles van Y’hudah en Yerushalayim in ballingskap weggevoer het uit Yerushalayim na Bavel toe nie.`Ez 6:5

21. Ja, so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el, aangaande die voorwerpe wat in die huis van יהוה en die huis van die koning van Y’hudah en in Yerushalayim oorgebly het:

22. ‘Hulle sal na Bavel toe gedra word en sal daar bly tot op die dag dat Ek hulle besoek,’ verklaar יהוה, ‘dan sal Ek hulle terugbring en herstel tot hierdie plek.’”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 27