Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 23:24-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Kan ’n man homself in wegsteekplekke wegsteek dat Ek hom nie sien nie?” verklaar יהוה. “Maak Ek nie die hemel en die aarde vol nie?” verklaar יהוה.

25. “Ek het gehoor wat die profete gesê het wat valslik in My Naam (Karakter en Outoriteit) profeteer en sê: ‘Ek het ’n droom gehad, ek het ’n droom gehad!’

26. Hoe lank al is daar iets in die verstand, wil en emosie van die profete wat valsheid profeteer, profete van die misleiding van hulle eie verstand, wil en emosie,

27. wat beplan om My volk My Naam (Karakter en Outoriteit) te laat vergeet deur hulle drome wat hulle vir mekaar vertel, net soos hulle vaders My Naam (Karakter en Outoriteit) vergeet het as gevolg van Ba’al?

28. Die profeet wat ’n droom het, kan sy droom vertel, maar laat hom wat My woord het, My woord in waarheid praat. Hoekom meng jy kaf met die koring?” verklaar יהוה.

29. “Is My woord nie soos vuur en soos ’n hamer wat ’n rots vergruis nie?” verklaar יהוה.

30. “Let daarom op, Ek is teen die profete,” verklaar יהוה, “wat My woorde by mekaar steel.Deut 18:20

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 23