Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 22:4-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. want as julle hierdie ding werklik sal doen, sal konings deur die poorte van hierdie huis ingaan wat op die troon van Dawid sal sit, wat op strydwaens en op perde sal ry, hyself en sy diensknegte en sy volk,

5. maar as julle nie hierdie woorde gehoorsaam nie, dan sweer Ek by Myself,” verklaar יהוה, “dat hierdie huis ’n verlatenheid sal word,”’”

6. want so sê יהוה aangaande die huis van die koning van Y’hudah: “Jy is soos Gil’ad vir My, soos die top van L’vanon. Tog sal Ek jou sekerlik maak soos ’n wildernis, stede wat nie bewoon word nie!

7. Ek sal verwoesters teen jou afsonder, elkeen met sy wapens en hulle sal jou keur seders afkap en in die vuur gooi.

8. Baie nasies sal by hierdie stad verbygaan en die een aan die ander vra: ‘Waarom het יהוה so gedoen aan hierdie groot stad?’

9. Dan sal hulle antwoord: ‘Omdat hulle die verbond van יהוה, hulle God, verlaat het en voor ander gode neergebuig en dié gedien het.’”

10. Moenie huil of rou oor die wat dood is nie, maar huil aanhoudend vir die een wat weggaan, want hy sal nie weer terugkom of die land van sy geboorte sien nie,

11. want so sê יהוה aangaande Shallum, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah, wat in die plek van sy vader Yoshiyahu koning geword het, wat uit hierdie plek uitgegaan het: “Hy sal nooit hierheen terugkom nie,2 Kon 23:31-34

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 22