Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 22:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. So sê יהוה: “Gaan af na die huis van die koning van Y’hudah, praat hierdie woord daar

2. en sê: ‘Luister en hoor die woord van יהוה, o koning van Y’hudah, wat sit op die troon van Dawid; jy en jou diensknegte en jou volk wat deur hierdie poorte ingaan;

3. so sê יהוה: “Gee regverdige oordeel en doen onpartydige opregtheid en red die wat beroof is uit die hand van sy onderdrukker; moet ook nie die vreemdeling, die wees en die weduwee verkeerd, of met geweld behandel nie en moenie onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie,

4. want as julle hierdie ding werklik sal doen, sal konings deur die poorte van hierdie huis ingaan wat op die troon van Dawid sal sit, wat op strydwaens en op perde sal ry, hyself en sy diensknegte en sy volk,

5. maar as julle nie hierdie woorde gehoorsaam nie, dan sweer Ek by Myself,” verklaar יהוה, “dat hierdie huis ’n verlatenheid sal word,”’”

6. want so sê יהוה aangaande die huis van die koning van Y’hudah: “Jy is soos Gil’ad vir My, soos die top van L’vanon. Tog sal Ek jou sekerlik maak soos ’n wildernis, stede wat nie bewoon word nie!

7. Ek sal verwoesters teen jou afsonder, elkeen met sy wapens en hulle sal jou keur seders afkap en in die vuur gooi.

8. Baie nasies sal by hierdie stad verbygaan en die een aan die ander vra: ‘Waarom het יהוה so gedoen aan hierdie groot stad?’

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 22