Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 20:6-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. en jy, Pash’gur en almal wat in jou huis bly, sal in ballingskap gaan en jy sal Bavel binnegaan en daar sterf en daar begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy valslik geprofeteer het.’”

7. O יהוה, ek het U misverstaan en ek is mislei; U was te sterk vir my en het oorwin. Ek het ’n voorwerp van bespotting geword die hele dag lank; almal spot met my,

8. want elke keer as ek praat, roep ek dit hard uit; ek verkondig geweld en vernietiging, want die boodskap van יהוה het verwyt en bespotting vir my tot gevolg gehad die hele dag lank.

9. As ek egter sê: “Ek sal Hom nie onthou of meer in Sy Naam (Karakter en Outoriteit) praat nie,” dan word dit soos ’n brandende vuur in my verstand, wil en emosie wat in my gebeente opgesluit is en ek is moeg daarvan om dit in te hou, ek kan dit nie uithou nie,

10. want ek het baie se bose voornemens gehoor wat van elke kant af bymekaargekom het en met hulle mond na my welsyn verneem het, maar my gehaat het in hulle verstand, wil en emosie en gesê het: “Wys hom uit vir ons, ons sal teen hom staan, miskien sal hy mislei word sodat ons ons wraak op hom kan neem.”

11. יהוה is egter by my soos ’n gevreesde Kampioen; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle sal uiters beskaamd staan omdat hulle gefaal het, met ’n ewige skande wat nie vergeet sal word nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 20