Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 20:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Pash’gur, die priester, die seun van Immer, wat hoof amptenaar was in die huis van יהוה, het vir Yirmeyahu hierdie dinge hoor profeteer.

2. Pash’gur het Yirmeyahu, die profeet, laat slaan en hom in die blok gesit by die boonste Binyaminpoort, wat by die huis van יהוה was.

3. Die volgende dag, toe Pash’gur Yirmeyahu bevry het uit die blok uit, het Yirmeyahu vir hom gesê: “Pash’gur is nie die naam wat יהוה jou genoem het nie, maar Magor-Missaviv (verskrikking aan elke kant),

4. want so sê יהוה: ‘Let op, Ek gaan jou ’n verskrikking maak vir jouself en vir al jou vriende en terwyl jy kyk, sal hulle deur die swaard van hul vyande val. So sal Ek die hele Y’hudah oorgee in die hand van die koning van Bavel en hy sal hulle wegdra as ballinge na Bavel en hulle met die swaard doodmaak.2 Kon 20:17

5. Ek sal ook al die rykdom van hierdie stad en al sy produkte en al sy kosbare dinge oorgee; selfs al die skatte van die konings van Y’hudah sal Ek oorgee in die hand van hulle vyande en hulle sal dit plunder, hulle wegvat en na Bavel bring

6. en jy, Pash’gur en almal wat in jou huis bly, sal in ballingskap gaan en jy sal Bavel binnegaan en daar sterf en daar begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy valslik geprofeteer het.’”

7. O יהוה, ek het U misverstaan en ek is mislei; U was te sterk vir my en het oorwin. Ek het ’n voorwerp van bespotting geword die hele dag lank; almal spot met my,

8. want elke keer as ek praat, roep ek dit hard uit; ek verkondig geweld en vernietiging, want die boodskap van יהוה het verwyt en bespotting vir my tot gevolg gehad die hele dag lank.

9. As ek egter sê: “Ek sal Hom nie onthou of meer in Sy Naam (Karakter en Outoriteit) praat nie,” dan word dit soos ’n brandende vuur in my verstand, wil en emosie wat in my gebeente opgesluit is en ek is moeg daarvan om dit in te hou, ek kan dit nie uithou nie,

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 20