Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 2:11-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Het ’n nasie sy gode verruil terwyl hulle nie-gode is nie? My volk het egter sy lof, eer en aanbidding verruil vir wat geen voordeel bring nie.

12. O hemele, wees verstom hieroor, sidder en wees bedroef,” verklaar יהוה,Yog 4:13-14 verlaat om vir hulleself reënbakke uit te kap, gebreekte reënbakke wat geen water kan hou nie.2 Kef 2:17

13. “want My volk het twee booshede gedoen: hulle het My, die Fontein van lewende water,

14. Is Yisra’el ’n slaaf, of is hy ’n bediende wat in die huis gebore is? Waarom het hy ’n prooi geword?

15. Die jong leeus het vir hom gebrul, hulle het hard gebrul en van sy land ’n woesteny gemaak; sy stede is vernietig, sonder inwoner.

16. Die manne van Nof (Memphis) en Tagpanges het geheers oor die kroon van jou kop.

17. Het jy dit nie aan jouself gedoen deur יהוה, jou God, te verlaat toe Hy jou op die pad gelei het nie?

18. Wat maak jy dan nou op die pad na Mitzrayim, om die water van die Nyl te drink? Of wat maak jy op die pad na Ashur, om die waters van die Eufraat te drink?

19. Jou eie boosheid sal jou reghelp en jou afvalligheid sal jou bestraf; weet dan en sien dat dit boos en bitter is vir jou om יהוה, jou God, te verlaat; My respekvolle vrees is dan nie in jou nie,” verklaar יהוה, God van die leërskare,

20. “want lank gelede het Ek jou juk verbreek en jou bande afgeskeur, maar jy het gesê: ‘Ek sal nie dien nie,’ want op elke hoë heuwel en onder elke groen boom het jy gaan lê as ’n hoereerder.

21. Nogtans het Ek jou geplant as ’n keur wingerdstok, ’n heeltemal betroubare saad. Hoe het jy jouself dan voor My verander in die minderwaardige lote van ’n vreemde wingerdstok?

22. Alhoewel jy jou was met loog en baie seep gebruik, is die vlek van jou onregverdigheid voor My,” verklaar יהוה-God.

23. “Hoe kan jy sê: ‘Ek is nie onteer nie; ek het nie agter die Ba’als aan gegaan nie?’ Kyk na jou lewenswyse in die valleie en besef wat jy gedoen het! Jy is ’n jong kameelkoei wat haar stem verhef;

24. ’n wilde-donkie, gewoond aan die wildernis, wat in haar heftige begeerte die wind snuif in die tyd van haar hitte! Wie kan haar wegkeer? Almal wat haar soek, sal hulle nie vermoei nie; in haar maand sal hulle haar kry.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 2