Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 19:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. So sê יהוה: “Gaan koop vir jou ’n pottebakker se kleikruik en vat sommige van die oudstes van die volk en sommige van die senior priesters.

2. Gaan dan uit na die vallei van Ben-Hinnom, wat by die ingang van die Potskerwepoort lê en verkondig daar die woorde wat Ek jou gee

3. en sê: “Hoor die woord van יהוה, o konings van Y’hudah en inwoners van Yerushalayim! So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Let op, Ek is op die punt om ’n katastrofe oor hierdie plek te bring sodat elkeen wat dit hoor, se ore sal tuit.

4. Omdat hulle My verlaat het en hierdie ’n vreemde plek gemaak het en daarin offers gebrand het vir ander gode, wat nie hulle of hulle vaders of die konings van Y’hudah geken het nie en omdat hulle hierdie plek gevul het met die bloed van die onskuldigesDeut 18:10

5. en die hoë plekke vir Ba’al gebou het om hulle seuns in die vuur te verbrand as brandoffers aan Ba’al; iets wat Ek nooit beveel of van gepraat het nie, of wat nooit in My gedagtes opgekom het nie;Yir 7:31-32; 2 Kon 23:10

6. daarom, let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer hierdie plek nie langer Tofet of die vallei van Ben-Hinnom genoem sal word nie, maar eerder die Vallei van Slagting.

7. Ek sal die raad van Y’hudah en Yerushalayim in hierdie plek uitskud en Ek sal dat hulle voor hul vyande val deur die swaard en deur die hand van die wat hulle lewe soek en Ek sal hulle lyke oorgee as kos vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.

8. Ek sal hierdie stad ’n verlatenheid maak en ’n voorwerp van bespotting; elkeen wat daar verbygaan, sal verstom wees en spot as gevolg van al sy rampe.

9. Ek sal dat hulle die vlees van hul seuns en die vlees van hul dogters eet en hulle sal mekaar se vlees eet in die beleëring en in die benoudheid waarmee hulle vyande en die wat hulle lewe soek, hulle benoud sal maak.’”

10. “Dan moet jy die kruik breek voor die oë van die manne wat saam met jou gegaan het

11. en vir hulle sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek, soos ’n mens ’n pottebakker se houer breek, wat nie meer heelgemaak kan word nie en hulle sal in Tofet begrawe omdat daar geen ander plek sal wees om te begrawe nie.

12. Dit is hoe ek hierdie plek en sy inwoners sal behandel,” verklaar יהוה, “om hierdie stad soos Tofet te maak.Hand 7:42 en drankoffers uitgegiet het vir ander gode.”’”2 Kon 23:12

13. Die huise van Yerushalayim en die huise van die konings van Y’hudah sal onteer word soos die plek Tofet, as gevolg van al die huise op wie se dakke hulle offers gebrand het aan al die hemelse leërmagte

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 19