Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 17:4-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Ek sal jou die erfenis laat verloor wat Ek vir jou gegee het en Ek sal maak dat jy jou vyande dien in die land wat jy nie ken nie, want julle het ’n vuur aangesteek in My woede, wat tot in ewigheid sal brand.”Ps 118:8,9

5. So sê יהוה: “Vervloek is die man wat op die mensdom vertrou en vlees sy krag maak en wie se verstand, wil en emosie wegdraai van יהוה af.

6. Hy sal wees soos ’n plant in die woestyn en sal nie sien as voorspoed kom nie, maar sal in klipperige plekke in die wildernis bly, ’n soutland sonder inwoners.

7. Geseënd is die man wat in יהוה vertrou en wie se vertroue יהוה is,Ps 1:3

8. want hy sal wees soos ’n boom wat by die water geplant is, wat sy wortels uitsteek by ’n stroom en nie sal vrees as die hitte kom nie, maar sy blad sal groen wees en hy sal nie angstig wees in ’n jaar van droogte nie en nie ophou om vrugte te dra nie.

9. Bedrieglik en ernstig siek is die verstand, wil en emosie bo alle dinge; wie kan dit verstaan?

10. Ek, יהוה, deursoek die verstand, wil en emosie, Ek toets die gedagtes, om aan elkeen te gee volgens sy lewenswyse, volgens die vrug van sy dade.

11. Soos ’n patrys wat eiers uitbroei wat hy nie gelê het nie, so is hy wat ’n fortuin maak, maar onregverdig; in die middel van sy dae sal dit hom verlaat en aan die einde sal hy ’n dwaas wees.”

12. ’n Troon van eer, lof en aanbidding, verhewe van die begin af, is die plek van ons afsondering.Yog 4:10

13. O יהוה, die Verwagting van Yisra’el! Almal wat U verlaat, sal beskaam word; wie op die aarde wegdraai sal opgeskryf word omdat hulle יהוה, die Fontein van lewende water, verlaat het.

14. Maak my gesond, יהוה en ek sal gesond wees; red my, dan sal ek gered wees, want U is my Lofprysing.

15. Let op, hulle sê vir my: “Waar is die boodskap van יהוה? Laat dit nou kom!”

16. Wat my betref, ek het U nie aangepor om boosheid te bring nie en ek het ook nie enige man se ongelukkige dag begeer nie; U weet self dat dit wat uit my lippe uitgegaan het, in U Teenwoordigheid was.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 17