Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 15:12-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Kan enige iemand yster breek, yster uit die noorde, of koper?

13. Jou rykdom, jou skatte en al jou grense sal Ek as buit gee as gevolg van jou sondes.

14. Dan sal Ek dat jou vyande dit bring in ’n land wat jy nie ken nie, want ’n vuur is aangesteek in My toorn, dit sal oor julle brand.”

15. U wat weet, o יהוה, onthou my, neem kennis van my en neem wraak namens my op my vervolgers. Moet my nie, in U geduld, wegvat nie. Weet dat ek beskuldigings om U ontwil verdra.Open 10:9

16. U woorde is gevind en ek het hulle opgeëet en U woorde het vir my ’n vreugde en ’n blydskap vir my verstand, wil en emosie geword, want ek word volgens U Naam (Karakter en Outoriteit) genoem, o יהוה-Tzva’ot!Ps 1:1 as gevolg van U hand op my het ek alleen gesit, want U het my met verontwaardiging gevul.

17. Ek het nie gesit in die sirkel van pretmakers of was uitgelate nie;

18. Waarom is my pyn ewigdurend en my wond ongeneeslik, weierend om genees te word? Sou U waarlik vir my wees soos ’n bedrieglike stroom, met waters wat onbetroubaar is?

19. יהוה sê daarom: “As jy terugdraai, dan sal Ek jou herstel, voor My sal jy staan en as jy die kosbare uit die waardelose onttrek, sal jy My woordvoerder word. Húlle mag na jou toe draai, maar jy moenie na hulle toe draai nie.

20. Dan sal Ek jou ’n versterkte muur van koper maak vir hierdie mense en alhoewel hulle teen jou sal veg, sal hulle nie oorwin nie, want Ek is by jou om jou te red en om jou te bevry,” verklaar יהוה.

21. “So sal Ek jou bevry uit die hand van die bose en jou loskoop uit die houvas van die gewelddadige.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 15