Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 13:17-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. maar as julle nie daarna wil luister nie, sal ekself in die geheim huil vir sulke hoogmoed en my oë sal bitterlik huil en afloop in trane omdat die kudde van יהוה gevange geneem is.2 Kon 24:12

18. Sê aan die koning en die koninginmoeder: “Verneder julleself en erken en draai weg, want die kroon van julle lof en eer het van jul kop af afgeval.

19. Die stede van die Suidland is toegesluit en daar is niemand om dit oop te maak nie; die hele Y’hudah is in ballingskap weggevoer, heeltemal in ballingskap weggevoer!

20. Lig op jou oë en sien hulle wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige skape?

21. Wat sal jy sê wanneer Hy vroeëre metgeselle wat jy self geleer het, as hoofde oor jou aanstel? Sal steekpyne jou nie aangryp soos van ’n vrou in kraam nie?

22. As jy in jou binneste sê: “Waarom het hierdie dinge met my gebeur?” Weens die grootheid van jou oortredinge is jou rompe opgetel en jou hakskene ontbloot.

23. Kan ’n Kushiet sy vel verander of ’n luiperd sy kolle, dan kan julle ook goed doen, julle wat gewoond is om boosheid te doen.

24. Ek sal hulle daarom soos drywende strooi voor die woestynwind verstrooi.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 13