Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 13:14-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Ek sal hulle teen mekaar verbrysel, beide die vaders en die seuns saam,” sê יהוה. “Ek sal nie medelye wys of jammer wees of omgee om hulle te vernietig nie.”’”

15. Luister en gee aandag; moenie hooghartig wees nie, want יהוה het gepraat!

16. Gee eer, lof en aanbidding aan יהוה, julle God, voordat dit donker word en voordat julle voete struikel op die skemerige berge en terwyl julle wag op lig, maak Hy dit tot diep duisternis en verander dit na die skaduwee van die dood,

17. maar as julle nie daarna wil luister nie, sal ekself in die geheim huil vir sulke hoogmoed en my oë sal bitterlik huil en afloop in trane omdat die kudde van יהוה gevange geneem is.2 Kon 24:12

18. Sê aan die koning en die koninginmoeder: “Verneder julleself en erken en draai weg, want die kroon van julle lof en eer het van jul kop af afgeval.

19. Die stede van die Suidland is toegesluit en daar is niemand om dit oop te maak nie; die hele Y’hudah is in ballingskap weggevoer, heeltemal in ballingskap weggevoer!

20. Lig op jou oë en sien hulle wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige skape?

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 13