Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 11:19-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. maar ek was soos ’n mak lam wat hulle lei na die slagting en ek het nie geweet dat hulle teen my planne beraam en gesê het nie: “Laat ons die boom met sy vrugte vernietig en laat ons hom afkap uit die land van die lewendes sodat sy naam nie meer onthou word nie!”

20. O יהוה-Tzva’ot, wat regverdiglik oordeel, wat die gevoel en die verstand, wil en emosie toets, laat my U wraak op hulle sien, want aan U het ek my saak oorgegee;

21. daarom, so sê יהוה aangaande die manne van `Anatot, wat jou lewe soek en sê: “Moenie profeteer in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה nie sodat jy nie sal sterf deur ons hand nie.”

22. So sê יהוה-Tzva’ot: “Let op, Ek is op die punt om hulle te straf! Die jongmanne sal deur die swaard sterf, hulle seuns en hulle dogters sal deur die hongersnood sterf

23. en niemand sal vir hulle oorbly nie, want Ek sal rampe bring oor die manne van `Anatot in die jaar van hulle straf.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 11