Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 10:18-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. want so sê יהוה: “Let op, Ek slinger die inwoners van die land in hierdie tyd uit en sal vir hulle benoudheid veroorsaak sodat hulle gevind kan word.”

19. Wee my vanweë my besering! My wond is ongeneeslik, maar ék het gesê: “Waarlik, dit is ’n siekte en ek moet dit dra.”

20. My tent is vernietig en al my toue is gebreek; my seuns het van my af weggegaan en is nie meer nie. Daar is niemand om weer my tent uit te span en my gordyne op te sit nie,Mal 2

21. want die herders het dom geword en יהוה nie gesoek nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie en hulle hele kudde is verstrooi.

22. Let op, die klank van die verslag het gekom en ’n groot geraas uit die land van die Noorde, om die stede van Y’hudah ’n verlatenheid te maak, ’n lêplek van jakkalse.

23. Ek weet, o יהוה, dat ’n mens se pad nie in homself is nie en dit is ook nie in ’n man wat loop om sy eie tree te rig nie.Heb 12:6,11

24. Dissiplineer my, יהוה, maar met regverdige oordeel; nie in U toorn nie, of U sal my tot niks maak nie.Yes 66:15; 2 Thes 1:8; Ps 79:6

25. Stort U toorn uit oor die nasies wat U nie ken nie en oor die families wat U Naam (Karakter en Outoriteit) nie aanroep nie, want hulle het Ya’akov verteer en hom opgeëet en sy blyplek verwoes.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 10