Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 1:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woorde van Yirmeyahu, die seun van Hilkiyahu, vanuit die priesters wat in `Anatot, in die land van Binyamin was,

2. tot wie die woord van יהוה gekom het in die dae van Yoshiyahu, die seun van Amon, koning van Y’hudah, in die dertiende jaar van sy regering.2 Kon 22-25

3. Dit het ook gekom in die dae van Y’hoyakim, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah, tot aan die einde van die elfde jaar van Tzidkiyahu, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah, totdat die inwoners van Yerushalayim in gevangeskap weggevat is in die vyfde maand.

4. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

5. “Voordat Ek jou in die baarmoeder gevorm het, het Ek jou geken en voordat jy gebore is, het Ek jou afgesonder; Ek het jou as ’n profeet vir die nasies aangestel.”

6. Toe het ek gesê: “Helaas, יהוה-God, let op, ek weet nie hoe om te praat nie, want ek is jonk.”

7. יהוה het egter vir my gesê: “Moenie sê: ‘Ek is jonk nie,’ want jy moet gaan waarheen Ek jou ook al stuur en alles wat Ek jou beveel, moet jy sê.

8. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou om jou te bevry,” verklaar יהוה.

9. Toe het יהוה Sy hand uitgesteek en my mond aangeraak en יהוה het vir my gesê: “Let op, Ek het My woorde in jou mond gelê.

10. Let op, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en af te breek, om te vernietig en omver te werp, om te bou en te plant.”Num 17

11. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê: “Wat sien jy, Yirmeyahu?” Ek antwoord: “Ek sien ’n amandelboom se tak.”

12. Toe het יהוה vir my gesê: “Jy het goed gesien, want Ek waak oor My woord om dit uit te voer.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 1