Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 9:14-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Die manne het van hulle padkos gevat en nie die raad van יהוה gevra nie.2 Sh'm 21:2

15. Y’hoshua het met hulle vrede gemaak en met hulle ’n verbond gesluit dat hy hulle sou laat lewe en die prinse van die vergadering het teenoor hulle gesweer.

16. Dit het gebeur aan die einde van drie dae nadat hulle die verbond met hulle gesluit het dat hulle gehoor het dat hulle bure is en dat hulle in hulle land woon.

17. Toe het die seuns van Yisra’el weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom. Hulle stede was: Giv’on, K’firah, Be’erot en Kiryat-Ye’arim.

18. Die seuns van Yisra’el het hulle nie verslaan nie omdat die leiers van die vergadering teenoor hulle gesweer het by יהוה, die God van Yisra’el. Die hele vergadering het teen die leiers gemurmureer.

19. Al die leiers sê egter vir die hele vergadering: “Ons het teenoor hulle gesweer by יהוה, die God van Yisra’el en nou mag ons nie aan hulle raak nie.

20. Dit sal ons aan hulle doen; hulle laat lewe sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons teenoor hulle gesweer het nie.”

21. Die leiers sê vir hulle: “Laat hulle lewe!” Hulle het houtkappers en optrekkers van water geword vir die hele vergadering, net soos die leiers vir hulle gesê het.

22. Toe laat Y’hoshua hulle roep en praat met hulle en sê: “Waarom het julle ons mislei deur te sê: ‘Ons bly baie ver van julle af’ terwyl julle in ons land bly?

23. Nou, julle is daarom vervloek en julle sal nooit ophou om slawe, beide houtkappers sowel as optrekkers van water, vir die huis van my God te wees nie.”

24. Hulle het Y’hoshua geantwoord en gesê: “Omdat dit verseker aan u diensknegte meegedeel is dat יהוה, u God, aan Moshe, Sy dienskneg, beveel het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te vernietig, was ons daarom baie bevrees vir ons lewens en het ons hierdie ding gedoen.

25. Nou, let op, ons is in u hande: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te doen.”

26. So het hy met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die seuns van Yisra’el en hulle het hul nie doodgemaak nie,

27. maar Y’hoshua het hulle op daardie dag houtkappers en optrekkers van water vir die vergadering en vir die altaar van יהוה,in die plek wat Hy sou kies, gemaak, tot vandag toe.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 9