Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 9:13-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Hierdie wynsakke wat ons volgemaak het, was nuut en let op, hulle is geskeur en hierdie, ons klere en ons sandale, is verslete as gevolg van die baie lang reis.Eks 34:12

14. Die manne het van hulle padkos gevat en nie die raad van יהוה gevra nie.2 Sh'm 21:2

15. Y’hoshua het met hulle vrede gemaak en met hulle ’n verbond gesluit dat hy hulle sou laat lewe en die prinse van die vergadering het teenoor hulle gesweer.

16. Dit het gebeur aan die einde van drie dae nadat hulle die verbond met hulle gesluit het dat hulle gehoor het dat hulle bure is en dat hulle in hulle land woon.

17. Toe het die seuns van Yisra’el weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom. Hulle stede was: Giv’on, K’firah, Be’erot en Kiryat-Ye’arim.

18. Die seuns van Yisra’el het hulle nie verslaan nie omdat die leiers van die vergadering teenoor hulle gesweer het by יהוה, die God van Yisra’el. Die hele vergadering het teen die leiers gemurmureer.

19. Al die leiers sê egter vir die hele vergadering: “Ons het teenoor hulle gesweer by יהוה, die God van Yisra’el en nou mag ons nie aan hulle raak nie.

20. Dit sal ons aan hulle doen; hulle laat lewe sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons teenoor hulle gesweer het nie.”

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 9