Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 9:12-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Hierdie brood van ons was warm toe ons dit as padkos uit ons huise gevat het op die dag wat ons uitgegaan het om na julle toe te kom, maar nou, let op, dit is droog en het verkrummeld geword.

13. Hierdie wynsakke wat ons volgemaak het, was nuut en let op, hulle is geskeur en hierdie, ons klere en ons sandale, is verslete as gevolg van die baie lang reis.Eks 34:12

14. Die manne het van hulle padkos gevat en nie die raad van יהוה gevra nie.2 Sh'm 21:2

15. Y’hoshua het met hulle vrede gemaak en met hulle ’n verbond gesluit dat hy hulle sou laat lewe en die prinse van die vergadering het teenoor hulle gesweer.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 9