Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 9:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur dat toe al die konings wat wes van die Yarden bly, in die bergland en in die Laagland en aan die hele kus van die Groot See in die rigting van L’vanon: die Hittiete, Emoriete, Kena’aniete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete, daarvan hoor,

2. hulle bymekaargekom het om soos een man teen Y’hoshua en Yisra’el te veg.

3. Toe die inwoners van Giv’on hoor wat Y’hoshua met Yerigo en met `Ai gedoen het,

4. het hulle ook met lis gehandel: hulle het gegaan en hulle as afgevaardigdes voorgestel en verslete sakke en verslete wynsakke wat geskeur en reggemaak was op hulle donkies gevat;

5. ook verslete en gelapte sandale aan hulle voete en verslete klere aan hulle self en al die brood van hulle padkos was droog en verkrummeld.

6. Hulle het na Y’hoshua gegaan in die kamp by Gilgal en vir hom en die manne van Yisra’el gesê: “Ons kom van ’n ver land af; sluit dan nou ’n verbond met ons.”

7. Die manne van Yisra’el het vir die Giviete gesê: “Miskien bly julle in ons land; hoe kan ons dan ’n verbond met julle sluit?”

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 9