Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 23:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het na ’n geruime tyd, toe יהוה aan Yisra’el rus gegee het van al sy vyande aan elke kant en Y’hoshua oud en ver gevorderd in jare was, gebeur

2. dat Y’hoshua die hele Yisra’el laat roep het, sy oudstes en sy hoofde en sy regters en sy leiers en vir hulle gesê het: “Ek is oud, ver gevorderd in jare

3. en julle het gesien wat יהוה, julle God, alles aan al hierdie nasies gedoen het om julle ontwil, want יהוה, julle God, is Hy wat vir julle geveg het.

4. Kyk, ek het hierdie nasies wat nog oorgebly het, as erfenis tussen julle stamme verdeel, saam met al die nasies wat ek afgesny het, vanaf die Yarden, selfs tot by die Groot See, na waar die son ondergaan.

5. יהוה, julle God, Hy sal hulle voor julle uitgooi en hulle voor julle uit verdryf en julle sal hulle land in besit neem soos יהוה, julle God, julle beloof het.

6. Wees onveranderlik daarin om alles te hou en te doen wat geskryf is in die boek van die wet van Moshe sodat julle daar nie regs of links van afdraai nie

7. sodat julle nie met hierdie nasies wat tussen julle oorgebly het, assosieer of die naam van hulle gode noem nie, of enige een by hulle laat sweer of hulle dien of voor hulle neerbuig nie,

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 23