Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 13:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. al die bewoners van die Bergland, van die L’vanon af so ver as Misrefot-Mayim, al die Tzidoniete: Ek self sal hulle voor die seuns van Yisra’el uit verdryf; verdeel dit net as erfdeel onder Yisra’el soos Ek jou beveel het.

7. Verdeel daarom dan hierdie land as erfdeel onder die nege stamme en die halwe stam van M’nasheh.”

8. Saam met die ander halwe stam het die Re’uveniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moshe oorkant die Yarden, na die ooste, aan hulle gegee het, net soos Moshe, die kneg van יהוה, aan hulle gegee het:

9. vanaf `Aro’er, wat aan die kant van die Arnonvallei lê, met die stad wat in die middel van die vallei is en die hele vlakte van Meidva tot by Divon;

10. al die stede van Sigon, koning van die Emoriete wat in Heshbon regeer het, tot by die grens van die seuns van `Amon;

11. Gil’ad en die grondgebied van die G’shuriete en Ma’akhatiete en die hele Berg Hermon en die hele Bashan tot by Salkhah;

12. die hele koninkryk van `Og in Bashan, wat geheers het in `Ashtarot en in Edre’i (hy alleen het oorgebly van die Refa’iete), want Moshe het hulle verslaan en onteien.

13. Die seuns van Yisra’el het egter nie die G’shuriete en Ma’akhatiete onteien nie, want G’shur en Ma’akhat bly tussen Yisra’el tot vandag toe.

14. Net aan die stam van Levi het hy geen erfenis gegee nie: die vuuroffers aan יהוה, die God van Yisra’el, is hulle erfenis, soos Hy hom beloof het.

15. Moshe het aan die stam van die seuns van Re’uven gegee volgens hulle families.

16. Hulle grondgebied was van `Aro’er af wat aan die kant van die Arnonvallei lê, met die stad wat in die middel van die vallei is en die hele vlakte by Meidva;

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 13