Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 13:29-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Moshe het ook ’n erfenis aan die halwe stam van M’nasheh gegee; hierdie was die besitting van die halwe stam van die seuns van M’nasheh, volgens hulle families.

30. Hulle grondgebied was: vanaf Maganayim, die hele Bashan, die hele koninkryk van `Og, koning van Bashan en al die dorpe van Ya’ir in Bashan, sestig stede;

31. die helfte van Gil’ad met `Ashtarot en Edre’i, die stede van die koninkryk van `Og in Bashan, vir die seuns van Makhir, die seun van M’nasheh; vir die helfte van die seuns van Makhir volgens hulle families.

32. Dit is wat Moshe as erfenis verdeel het in die vlaktes van Mo’av, oorkant die Yarden by Yerigo na die ooste.

33. Aan die stam van Levi het Moshe egter geen erfenis gegee nie; יהוה, die God van Yisra’el, is hulle erfenis, soos Hy hulle beloof het.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 13