Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 10:15-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Toe het Y’hoshua en die hele Yisra’el saam met hom, na die kamp by Gilgal teruggegaan.

16. Nou, daardie vyf konings het gevlug en hulleself weggesteek in die grot by Makkedah.

17. Dit is aan Y’hoshua vertel en gesê: “Die vyf konings is gevind: hulle kruip weg in die grot by Makkedah.”

18. Y’hoshua het gesê: “Rol groot klippe teen die ingang van die grot en stel manne daarby aan om hulle te bewaak,

19. maar moenie self daar bly nie; jaag julle vyande agterna en val hulle van agter af aan. Moet hulle nie toelaat om in hul stede in te gaan nie, want יהוה, julle God, het hulle in julle hand oorgegee.

20. Dit het gebeur dat toe Y’hoshua en die seuns van Yisra’el hulle heeltemal verslaan het met ’n baie groot slagting totdat hulle vernietig was en dié van hulle wat oorgebly het in die versterkte stede ingegaan het,

21. al die manskappe by die kamp, by Y’hoshua in Makkedah teruggekom het in vrede. Niemand het ’n woord ge-uiter teen enige van die seuns van Yisra’el nie.

22. Toe sê Y’hoshua: “Maak oop die ingang van die grot en bring daardie vyf konings uit die grot uit na my toe.”

23. Hulle het so gedoen en daardie vyf konings uit die grot na hom toe gebring: die koning van Yerushalayim, die koning van Hevron, die koning van Yarmut, die koning van Lakhish en die koning van `Eglon.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 10