Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 1:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nou het dit gebeur, ná die dood van Moshe, die kneg van יהוה, dat יהוה met Y’hoshua, die seun van Nun, die dienaar van Moshe, gepraat en gesê het:

2. “My kneg Moshe is dood; staan daarom op, trek deur hierdie Yarden, jy en al hierdie mense, na die land wat Ek aan hulle, aan die seuns van Yisra’el, gee.

3. Elke plek waarop die sool van jou voet trap, dit gee Ek aan jou, net soos Ek met Moshe gepraat het.

4. Vanaf die wildernis en hierdie L’vanon, selfs tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hittiete en so ver as die Groot See, waar die son ondergaan, sal julle grondgebied wees.Heb 13:5

5. Niemand sal voor jou kan staan, al die dae van jou lewe, nie; net soos Ek met Moshe was, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.

6. Wees onveranderlik sterk en dapper, want jy sal aan hierdie volk die land as besitting gee wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.Deut 31:7 Wees versigtig om te doen volgens die hele wet wat Moshe, My kneg, jou beveel het; moenie regs of links daarvan afdraai nie sodat jy sukses kan hê, waar jy ook al mag gaan.

7. Wees net onveranderlik sterk en baie dapper.Ps 1:2

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 1