Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 9:9-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Al die mense weet dit; Efrayim en die inwoners van Shomron, wat in trotsheid en arrogansie van verstand, wil en emosie verklaar:

10. “Die bakstene het geval, maar ons sal met gladde klip bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal hulle met seders vervang;”

11. daarom laat יהוה Retzin se teëstanders teen hulle opstaan en hits Hy hulle vyande aan:

12. die Arameërs van die ooste en die F’lishtyne van die weste; hulle verteer Yisra’el met gapende kake. Ondanks dit alles, draai Sy woede nie weg nie en is Sy hand steeds uitgestrek.

13. Nogtans draai die volk nie terug na Hom wat hulle slaan, of soek hulle יהוה-Tzva’ot nie;

14. daarom sny יהוה kop en stert van Yisra’el af, palmtak en biesie op een dag.

15. Die kop is die oudste en eerbare man en die stert is dié profeet wat leuens profeteer.

16. Dié wat hierdie volk lei, sal hulle wetteloos maak en dié wat deur hulle gelei word, sal laag afgebring word;

17. daarom het יהוה geen vreugde in hulle jongmanne, of is Hy jammer vir hulle weeskinders of hulle weduwees nie, want elkeen van hulle is ’n toneelspeler van ’n vals karakter en ’n boosdoener en elke mond praat dwaasheid. Ondanks dit alles draai Sy woede nie weg nie en Sy hand is steeds uitgestrek,

18. want wetteloosheid brand soos ’n vuur; dit verteer dorings en distels en steek selfs die digste dele van die woud aan die brand; die wat gekies is sal opwaarts gaan soos die opstyging van rook.

19. Deur die woede van יהוה-Tzva’ot word die land opgebrand en die volk is soos brandstof vir die vuur; nie een man spaar sy broer nie.

20. Hulle sny af na regs en is honger; hulle eet na links en word nie versadig nie; elkeen eet die vlees van sy eie arm.

21. M’nasheh vir Efrayim en Efrayim vir M’nasheh en saam is hulle teen Y’hudah. Ondanks dit alles draai Sy woede nie weg nie en Sy hand is steeds uitgestrek.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 9