Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 9:17-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. daarom het יהוה geen vreugde in hulle jongmanne, of is Hy jammer vir hulle weeskinders of hulle weduwees nie, want elkeen van hulle is ’n toneelspeler van ’n vals karakter en ’n boosdoener en elke mond praat dwaasheid. Ondanks dit alles draai Sy woede nie weg nie en Sy hand is steeds uitgestrek,

18. want wetteloosheid brand soos ’n vuur; dit verteer dorings en distels en steek selfs die digste dele van die woud aan die brand; die wat gekies is sal opwaarts gaan soos die opstyging van rook.

19. Deur die woede van יהוה-Tzva’ot word die land opgebrand en die volk is soos brandstof vir die vuur; nie een man spaar sy broer nie.

20. Hulle sny af na regs en is honger; hulle eet na links en word nie versadig nie; elkeen eet die vlees van sy eie arm.

21. M’nasheh vir Efrayim en Efrayim vir M’nasheh en saam is hulle teen Y’hudah. Ondanks dit alles draai Sy woede nie weg nie en Sy hand is steeds uitgestrek.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 9