Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 9:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die land van Z’vulun en die land van Naftali het hulle verheug, die magtige outoriteit, die pad deur die see, die land aan die anderkant van die Yarden, Galil van die ander nasies, het hul verheug.Mat 4:16; Yog 8:12

2. Die volk wat in duisternis loop, het ’n groot Lig gesien; dié wat leef in die land van die skaduwee van die dood, op hulle het die Lig geskyn.

3. U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde vermeerder; hulle was vrolik in U Teenwoordigheid, soos met die vrolikheid van oestyd, soos mense in die rondte swaai van vreugde as hulle die buit verdeel,

4. want U het die juk van hulle las, die staf op hulle skouers, die lat van hulle onderdrukker, soos met die geveg van Midyan, verbreek,

5. want elke stem wat gehoor word, bring verskrikking en klere wat in bloed gerol is, maar dit sal wees om te verbrand; brandstof vir die vuur,

6. want ’n jong Seun is vir ons gebore, ’n Seun is vir ons gegee; die regering sal op Sy skouers rus; Sy Naam (Karakter en Outoriteit) word genoem: Wonderlike Raadgewer, Magtige God, Ewige Prins van Vrede.Hand 1:6; Heb 1:8

7. Daar sal geen einde wees aan die vermeerdering van Sy regering en van Sy vrede, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, nie; om dit te bevestig en dit in stand te hou met regverdigheid, onpartydige opregtheid, van toe af aan en vir ewig. Die ywer van יהוה-Tzva’ot sal dit uitvoer.

8. יהוה stuur ’n boodskap teen Ya’akov en dit val op Yisra’el.

9. Al die mense weet dit; Efrayim en die inwoners van Shomron, wat in trotsheid en arrogansie van verstand, wil en emosie verklaar:

10. “Die bakstene het geval, maar ons sal met gladde klip bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal hulle met seders vervang;”

11. daarom laat יהוה Retzin se teëstanders teen hulle opstaan en hits Hy hulle vyande aan:

12. die Arameërs van die ooste en die F’lishtyne van die weste; hulle verteer Yisra’el met gapende kake. Ondanks dit alles, draai Sy woede nie weg nie en is Sy hand steeds uitgestrek.

13. Nogtans draai die volk nie terug na Hom wat hulle slaan, of soek hulle יהוה-Tzva’ot nie;

14. daarom sny יהוה kop en stert van Yisra’el af, palmtak en biesie op een dag.

15. Die kop is die oudste en eerbare man en die stert is dié profeet wat leuens profeteer.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 9