3. Ek het na die profetes gekom en sy het swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun. Toe het יהוה vir my gesê: “ Noem hom: ‘Maher-Shalal-Hash-Baz,’2 Kon 17-18:12; Yes 9:8
4. want voordat die seun sal weet hoe om uit te roep: ‘My vader!’ of: ‘My moeder,’ sal die rykdom van Dammesek en die buit van Shomron voor die koning van Ashur weggedra word.”
5. Weer het יהוה verder met my gepraat en gesê:
6. “In soverre hierdie volk die rustig vloeiende waters van Shiloah verwerp het en hulle verheug in Retzin en die seun van Remalyah;
7. daarom, let op, יהוה is op die punt om die sterk en oorvloedige waters van die Eufraat oor hulle te laat kom; die koning van Ashur en al sy lof en eer en dit sal bo-oor al sy kanale opstyg en oor al sy walle gaan.2 Kon 18:13-; Yes 10:11; Yeg 47
8. Dan sal dit voortstroom in Y’hudah in, dit sal oorstroom en deur gaan; dit sal selfs tot by die nek kom en die uitsprei van sy vlerke sal die breedte van U land vul, o, God wat by ons is! (`Immanu’el)
9. Bewe, o volke en word stukkend geslaan; luister, julle vanaf die ver plekke van die aarde: omgord julleself en word verslaan.Open 21:3
10. Maak ’n plan en dit sal verydel word; maak ’n voorstel, maar dit sal nie staan nie, want God is by ons (`Immanu’el)!”
11. Want so het יהוה met my gepraat; met magtige krag vir my instruksie gegee om nie te loop op die pad van hierdie volk nie en gesê:
12. “Julle moenie sê: ‘’n Sameswering’ vir alles wat hierdie volk ’n sameswering noem nie en julle moenie bang wees waarvoor hulle bang is, of daarvoor vrees nie.1 Kef 3:15
13. יהוה-Tzva’ot, Hom moet julle as Afgesonderd beskou; Hy is julle God en Hy is julle Helper! Kef 2:8; Rom 9:32 vir beide die huise van Yisra’el en ’n Vangnet en ’n Strik vir die inwoners van Yerushalayim.