Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 7:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het in die dae van Agaz, die seun van Yotam, die seun van `Uziyahu, koning van Y’hudah gebeur dat Retzin, koning van Aram en Pekag, die seun van Remalyah, koning van Yisra’el, opgegaan het na Yerushalayim om daarteen oorlog te maak, maar dit nie kon oorwin nie.

2. Toe dit aan die huis van Dawid gerapporteer en gesê is: “Die Arameërs het in Efrayim gekamp,” het sy binneste en die binneste van sy mense geskud soos die bome van die bos skud met die wind.

3. יהוה het vir Yesha’yahu gesê: “Gaan nou uit na die einde van die watervoor van die boonste poel, by die hoofpad na die wasser se veld, om Agaz te ontmoet, jy en jou seun, Sh’ar Yashuv

4. en sê vir hom: “Wees versigtig en wees kalm; wees nie bevrees en moenie lafhartig wees oor hierdie twee rokende stompe brandhout of as gevolg van die gloeiende woede van Retzin, Aram en van die seun van Remalyah nie

5. omdat Aram, met Efrayim en die seun van Remalyah, boosheid teen jou beplan en gesê het:

6. ‘Laat ons opgaan teen Y’hudah en dit terroriseer en vir onsself ’n gat in sy mure maak en die seun van Tav’el koning maak in sy midde,’ nie.

7. So sê die Meester, יהוה: ‘Dit sal nie staan nie en ook nie gebeur nie,

8. want die hoof van Aram is Dammesek en die hoof van Dammesek is Retzin; binne vyf en sestig jaar sal Efrayim vermorsel word sodat dit nie meer ’n volk is nie

9. en die hoof van Efrayim is Shomron en die hoof van Shomron is die seun van Remalyah. As julle nie vertrou nie, sal julle sekerlik nie voortgaan nie!’”

10. Toe het יהוה weer met Agaz gepraat en gesê:

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 7