Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 66:6-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. “’n Klank van oproer uit die stad, ’n stem vanaf die tempel. Die stem van יהוה wat Sy vyande beloon!

7. Voordat sy geboortepyne gekry het, het sy geboorte gegee; voordat haar pyn gekom het, het sy geboorte gegee aan ’n seun.

8. Wie het van so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Kan ’n land in een dag gebore word? Kan ’n nasie op een slag voortgebring word? Sodra Tziyon geboortepyne gekry het, het sy geboorte gegee aan haar kinders.

9. Sal Ek tot op die punt van geboorte bring en nie tot geboorte laat kom nie?” vra יהוה. “Of miskien is dit nie Ek wat geboorte laat gee en wat die baarmoeder sluit nie?” vra jou God.

10. “Wees bly saam met Yerushalayim en swaai in die rondte van vreugde oor haar, almal wat haar liefhet! Wees uitermate vrolik saam met haar, almal wat oor haar treur

11. sodat julle kan drink en versadig word aan haar vertroostende borste sodat julle kan suig en julle verlustig aan haar oorvloedige boesem,”

12. want so sê יהוה: “Let op, Ek steek vrede na haar toe uit soos ’n rivier en die eer en lof van die nasies soos ’n oorlopende stroom en julle sal versorg word, julle sal op die heup gedra word en op die knieë vertroetel word.

13. Soos een wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos en julle sal in Yerushalayim getroos word.”

14. Dan sal julle sien en julle verstand, wil en emosie sal vrolik wees en julle gebeente sal floreer soos jong gras en die hand van יהוה sal bekend gemaak word aan Sy diensknegte, maar Hy sal verontwaardig wees teenoor Sy vyande,Ps 79:6; 2 Thes 1:8

15. want let op, יהוה sal kom in vuur en Sy strydwaens soos ’n warrelwind, om Sy woede met toorn aan te bied en Sy bestraffing met vlamme van vuur,

16. want יהוה sal met vuur en met Sy swaard oor alle vlees oordeel vel en hulle wat deur יהוה verslaan is, sal baie wees.Lev 11:7; Yes 65:4

17. “Die wat hulleself afsonder en hulleself reinig vir die tuine terwyl hulle die een wat in die middel staan, wat varkvleis, verwerplike dinge en muise eet, volg, sal almal saam tot ’n einde kom,” verklaar יהוה,

18. want Ek ken hulle werke en hulle gedagtes; die tyd kom om al die nasies en tale te versamel en hulle sal kom en My Gemanifesteerde Teenwoordigheid sien.

19. Ek sal ’n teken tussen hulle plaas en oorlewendes vanaf hulle na die nasies uitstuur: Tarshish, Pul, Lud, Meshekh, Rosh, Tuval en Yavan, na die ver kuslande wat nie van My roem gehoor of My lof en eer gesien het nie. Hulle sal My lof, eer en aanbidding onder die nasies verkondig.

20. Dan sal hulle al julle broers bring uit al die nasies as graanoffer tot יהוה, op perde, in waens, in draagstoele, op muile en op kamele na My afgesonderde berg Yerushalayim,” sê יהוה, “net soos die seuns van Yisra’el hulle graanoffer in ’n rein houer na die huis van יהוה bring.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 66