Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 66:14-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Dan sal julle sien en julle verstand, wil en emosie sal vrolik wees en julle gebeente sal floreer soos jong gras en die hand van יהוה sal bekend gemaak word aan Sy diensknegte, maar Hy sal verontwaardig wees teenoor Sy vyande,Ps 79:6; 2 Thes 1:8

15. want let op, יהוה sal kom in vuur en Sy strydwaens soos ’n warrelwind, om Sy woede met toorn aan te bied en Sy bestraffing met vlamme van vuur,

16. want יהוה sal met vuur en met Sy swaard oor alle vlees oordeel vel en hulle wat deur יהוה verslaan is, sal baie wees.Lev 11:7; Yes 65:4

17. “Die wat hulleself afsonder en hulleself reinig vir die tuine terwyl hulle die een wat in die middel staan, wat varkvleis, verwerplike dinge en muise eet, volg, sal almal saam tot ’n einde kom,” verklaar יהוה,

18. want Ek ken hulle werke en hulle gedagtes; die tyd kom om al die nasies en tale te versamel en hulle sal kom en My Gemanifesteerde Teenwoordigheid sien.

19. Ek sal ’n teken tussen hulle plaas en oorlewendes vanaf hulle na die nasies uitstuur: Tarshish, Pul, Lud, Meshekh, Rosh, Tuval en Yavan, na die ver kuslande wat nie van My roem gehoor of My lof en eer gesien het nie. Hulle sal My lof, eer en aanbidding onder die nasies verkondig.

20. Dan sal hulle al julle broers bring uit al die nasies as graanoffer tot יהוה, op perde, in waens, in draagstoele, op muile en op kamele na My afgesonderde berg Yerushalayim,” sê יהוה, “net soos die seuns van Yisra’el hulle graanoffer in ’n rein houer na die huis van יהוה bring.

21. Ek sal ook sommige van hulle as priesters en Leviete vat,” sê יהוה,2 Kef 3:13; Open 21:1

22. “want net soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor My sal staan,” verklaar יהוה, “so sal julle nageslag en julle naam staan.

23. Dit sal wees vanaf Nuwemaan tot Nuwemaan en van Shabbat tot Shabbat dat die ganse mensdom sal kom om voor My neer te buig,” sê יהוה.Mar 9:44,46,48

24. “Dan sal hulle uitgaan en die lyke van die mense wat teen My oortree het, sien, want hulle wurm sal nie sterf en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie en hulle sal ’n afsku wees vir die ganse mensdom.”2 Kon 22:4; 2 Kon 23:4

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 66