Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 65:11-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. maar julle wat יהוה verlaat, wat My afgesonderde berg vergeet, wat ’n tafel dek vir Gad (die geluksgod) en gemengde wyn inskink vir Meni (die god van die noodlot),

12. sal Ek bestem vir die swaard en julle almal sal neerbuig vir die slagting omdat Ek geroep het, maar julle het nie geantwoord nie, Ek het gepraat, maar julle het nie gehoor, geluister en gedoen nie en julle het boosheid voor My oë gedoen en gekies wat My nie behaag nie.”

13. יהוה-God sê daarom: “Let op, My diensknegte sal eet, maar julle sal honger bly. Let op, My diensknegte sal drink, maar julle sal dors wees. Let op, My diensknegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan.

14. Let op, My diensknegte sal vreugdevol uitroep met ’n vrolike verstand, wil en emosie en júlle sal uitskree met ’n swaar gemoed en huil met ’n gebreekte gees.

15. Julle sal jul naam as ’n vloek vir My gekoses laat agterbly en יהוה-God sal jou doodslaan, maar My knegte sal met ’n ander naam genoem word,

16. want hy wat in die aarde geseënd is, sal deur die God van waarheid geseënd wees en hy wat sweer op die aarde, sal sweer by die God van waarheid, want die vorige moeilikhede is vergeet en hulle is verborge vir My oë,2 Kef 3:13; Open 21:1

17. want let op, Ek skep nuwe hemele en ’n nuwe aarde en die vorige dinge sal nie onthou word of aan gedink word nie,

18. maar wees julle bly en swaai in die rondte van vreugde vir ewig oor wat Ek skep, want let op, Ek skep Yerushalayim om te jubel en sy mense vir blydskap.

19. Ek sal ook in die rondte swaai van vreugde oor Yerushalayim en bly wees oor My volk en daar sal nie meer die stem van geween of die stem van geskree in haar gehoor word nie.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 65