Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 65:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Ek het Myself laat soek deur hulle wat nie na My gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie;Rom 10:21 wat loop op ’n pad wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;

2. Ek het My hande die hele dag lank uitgesprei na ’n rebelse volk,

3. ’n volk wat My voortdurend in die gesig uittart, deur offers in tuine te bring en wierook te laat opgaan op bakstene;Lev 11:7; Yes 66:17

4. wat tussen die grafte sit en die nag in geheime plekke deurbring; wat varkvleis eet en in hulle potte is die mengsel van onrein vleis,

5. wat sê: ‘Bly by jouself! Kom nie naby my nie, want ek is meer afgesonder as jy!’ Hulle is rook in My neusgate, ’n vuur wat die hele dag brand.

6. Let op, dit staan voor My geskryf, Ek sal nie stilbly nie, maar Ek sal terugbetaal; Ek sal selfs in hulle boesem terugbetaal,

7. beide hulle onregverdigheid en die onregverdigheid van hulle vaders saam,” sê יהוה. “Omdat hulle wierook op die berge gebrand het en My gespot het op die heuwels sal Ek al hulle vorige werke in hulle boesem uitmeet.”

8. So sê יהוה: “Soos die nuwe wyn in die tros gevind word en een sê: ‘Verniel dit nie, want daar is voordeel in dit,’ so sal Ek optree ter wille van My diensknegte, om nie almal van hulle te vernietig nie.

9. Ek sal ’n nageslag uit Ya’akov laat voortkom en ’n erfgenaam van My berge uit Y’hudah; My gekoses sal dit erf en My diensknegte sal daar bly.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 65