Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 64:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Daar is niemand wat U Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep, wat onthou om aan U vas te hou nie, want U het U gesig weggedraai van ons af en ons oorgegee aan die krag van ons sondes,

7. maar nou, יהוה, U is ons Vader; ons is die klei en U is ons Pottebakker en ons is almal die werk van U hand.

8. יהוה, wees nie uitermate kwaad nie en onthou nie die onregverdigheid vir ewig nie; let op, kyk nou, ons is almal U volk.

9. U afgesonderde stede het ’n wildernis geword; Tziyon het ’n wildernis geword, Yerushalayim ’n verlatenheid.

10. Ons afgesonderde en pragtige huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand en al ons kosbaarhede, het ’n puinhoop geword.

11. יהוה, sal U Uself terughou oor hierdie dinge? Sal U stilbly en ons uitermate teister?”

12. (Nie in hierdie vertaling nie)Rom 10:20 aan ’n nasie wat nog nooit My Naam uitgeroep het nie, het Ek gesê: ‘Hier is Ek, hier is Ek!’

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 64