Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 63:6-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Ek het volke vertrap in My woede en hulle dronk gemaak in My toorn en Ek het hulle lewensbloed op die aarde uitgegooi.”

7. Ek sal die liefdevolle goedheid van יהוה noem, die lofprysinge van יהוה, volgens alles wat יהוה aan ons toegestaan het en die groot goedheid teenoor die huis van Yisra’el, wat Hy aan hulle toegestaan het volgens Sy omgee en volgens die oorvloed van Sy liefdevolle goedheid,

8. want Hy het gesê: “Hulle is sekerlik My volk, seuns wat nie vals sal wees nie.” So het Hy hulle Verlosser geword.

9. In al hulle pyniging was Hy gepynig en die Engel van Sy Teenwoordigheid het hulle gered; in Sy liefde en in Sy omgee het Hy hulle losgekoop en Hy het hulle opgetel en hulle gedra, al die dae van ouds,Hand 7:51 daarom het Hy Homself gedraai om hulle vyand te word; Hy het teen hulle geveg.

10. maar húlle het rebelleer en Sy Gees van Afsondering bedroef;

11. Toe het Sy volk die ou dae van Moshe onthou. Waar is Hy wat hulle uit die see uitgebring het saam met die herders van Sy kudde? Waar is Hy wat Sy Gees van Afsondering in hulle midde geplaas het;

12. wat hulle deur Sy wonderlike arm en regterhand gelei het, wat die waters voor hulle verdeel het, om vir Homself ’n ewige Naam te maak;

13. wat hulle deur die dieptes gelei het? Soos ’n perd in die wildernis het hulle nie gestruikel nie.

14. Soos die beeste wat in die vallei afgaan, het die Gees van יהוה hulle rus gegee. Só het U U volk gelei, om vir Uself ’n eervolle, lofwaardige Naam te maak.

15. “Kyk van die hemel af neer en sien uit U afgesonderde en lofwaardige blyplek, waar is U ywer en U magtige dade? Die ontroering van U verstand, wil en emosie en U liefdevolle omgee is ingehou teenoor ons,

16. want U is ons Vader, alhoewel Avraham ons nie ken nie en Yisra’el ons nie erken nie. U, O יהוה, is ons Vader en ons Loskoper. U Naam is van ewigheid af.

17. יהוה, waarom laat U ons wegdwaal van U paaie en verhard U ons verstand, wil en emosie sodat ons U nie vrees nie? Kom terug ter wille van U diensknegte, die stamme van U erfenis!

18. U afgesonderde volk het U Afgesonderde Plek vir ’n kort rukkie besit; ons teëstanders het dit vertrap.

19. Ons het geword soos hulle oor wie U nooit geheers het nie, hulle waaroor U Naam (Karakter en Outoriteit) nie uitgeroep is nie. Ag, as U maar die hemele wou skeur en afkom sodat die berge sal bewe voor U Teenwoordigheid

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 63