Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 63:4-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. want die dag van wraak was in My verstand, wil en emosie en My jaar van loskoping het gekom.Yes 59:16

5. Ek het gekyk en daar was niemand om te help nie en Ek het gewonder omdat daar niemand was om te ondersteun nie; My eie arm het vir My verlossing gebring en My toorn het My ondersteun.

6. Ek het volke vertrap in My woede en hulle dronk gemaak in My toorn en Ek het hulle lewensbloed op die aarde uitgegooi.”

7. Ek sal die liefdevolle goedheid van יהוה noem, die lofprysinge van יהוה, volgens alles wat יהוה aan ons toegestaan het en die groot goedheid teenoor die huis van Yisra’el, wat Hy aan hulle toegestaan het volgens Sy omgee en volgens die oorvloed van Sy liefdevolle goedheid,

8. want Hy het gesê: “Hulle is sekerlik My volk, seuns wat nie vals sal wees nie.” So het Hy hulle Verlosser geword.

9. In al hulle pyniging was Hy gepynig en die Engel van Sy Teenwoordigheid het hulle gered; in Sy liefde en in Sy omgee het Hy hulle losgekoop en Hy het hulle opgetel en hulle gedra, al die dae van ouds,Hand 7:51 daarom het Hy Homself gedraai om hulle vyand te word; Hy het teen hulle geveg.

10. maar húlle het rebelleer en Sy Gees van Afsondering bedroef;

11. Toe het Sy volk die ou dae van Moshe onthou. Waar is Hy wat hulle uit die see uitgebring het saam met die herders van Sy kudde? Waar is Hy wat Sy Gees van Afsondering in hulle midde geplaas het;

12. wat hulle deur Sy wonderlike arm en regterhand gelei het, wat die waters voor hulle verdeel het, om vir Homself ’n ewige Naam te maak;

13. wat hulle deur die dieptes gelei het? Soos ’n perd in die wildernis het hulle nie gestruikel nie.

14. Soos die beeste wat in die vallei afgaan, het die Gees van יהוה hulle rus gegee. Só het U U volk gelei, om vir Uself ’n eervolle, lofwaardige Naam te maak.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 63