Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 63:10-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. maar húlle het rebelleer en Sy Gees van Afsondering bedroef;

11. Toe het Sy volk die ou dae van Moshe onthou. Waar is Hy wat hulle uit die see uitgebring het saam met die herders van Sy kudde? Waar is Hy wat Sy Gees van Afsondering in hulle midde geplaas het;

12. wat hulle deur Sy wonderlike arm en regterhand gelei het, wat die waters voor hulle verdeel het, om vir Homself ’n ewige Naam te maak;

13. wat hulle deur die dieptes gelei het? Soos ’n perd in die wildernis het hulle nie gestruikel nie.

14. Soos die beeste wat in die vallei afgaan, het die Gees van יהוה hulle rus gegee. Só het U U volk gelei, om vir Uself ’n eervolle, lofwaardige Naam te maak.

15. “Kyk van die hemel af neer en sien uit U afgesonderde en lofwaardige blyplek, waar is U ywer en U magtige dade? Die ontroering van U verstand, wil en emosie en U liefdevolle omgee is ingehou teenoor ons,

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 63