Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 62:9-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. maar hulle wat dit insamel, sal dit eet en יהוה prys en hulle wat dit oes, sal dit drink in die howe van My Afgesonderde Plek.”

10. Gaan deur, gaan deur die poorte, maak die pad oop vir die mense! Bou op, bou op die hoofpad; verwyder die klippe, lig ’n banier op oor die volke!

11. Let op, יהוה het tot aan die einde van die aarde aangekondig, sê vir die dogter van Tziyon: “Kyk, jou Verlossing kom; let op, Sy beloning is by Hom en Sy vergoeding voor Hom.”

12. Hulle sal genoem word: “Die afgesonderde volk, die vrygekooptes van יהוה” en jy sal genoem word: “Uitgesoekte, ’n stad nie in die steek gelaat nie.”

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 62