Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 61:7-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. In plaas van julle skande, ’n dubbele deel vir julle en in plaas van vernedering sal julle jubel oor hulle deel; daarom sal julle ’n dubbele deel in hulle land besit, ewige vreugde sal hulle s’n wees,

8. want Ek, יהוה, het die regverdige oordeel lief; Ek haat diefstal en oortreding; Ek sal jou werk in waarheid lei en ’n ewige verbond met jou sluit.

9. Dan sal julle nageslag bekend wees onder die nasies en julle nakomelinge onder die volke. Almal wat julle sien, sal julle herken, want julle is die nageslag wat יהוה geseën het.

10. Ek sal my grootliks verbly in יהוה, my lewe sal in die rondte swaai van vreugde in my God, want Hy het my aangetrek met klere van verlossing, Hy het my in die mantel van onpartydige opregtheid toegedraai, soos ’n bruidegom die hoofversiersel ombind en soos ’n bruid haarself versier met haar juwele,

11. want soos die aarde sy spruite voortbring en soos ’n tuin dit wat gesaai is, laat uitspruit, so sal יהוה-God onpartydige opregtheid en lofprysing laat opspring voor al die nasies.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 61