Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 60:8-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Wie is hierdie wat soos ’n wolk vlieg, soos duiwe na hulle vensters?

9. Die kuslande sal sekerlik vir My wag en die skepe van Tarshish, met hul silwer en goud vir die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, jou God en vir die Afgesonderde Een van Yisra’el, sal eerste kom om jou seuns by hulle, van ver af te bring omdat hy jou eer en lof gebring het.

10. Vreemdelinge sal jou mure opbou en hulle konings sal jou bedien, want in My toorn het Ek jou geslaan en in My guns het Ek vir jou omgegee.

11. Jou poorte sal voortdurend oop wees; hulle sal nie bedags of snags gesluit word nie sodat hulle, met hulle konings gelei in optog, die rykdom van die nasies na jou toe kan bring,

12. want die nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal vergaan en dié nasie sal totaal vernietig word.

13. Die lof en eer van die L’vanon sal na jou toe kom, die jenewerboom, die palmhout en die sipres saam, om die plek van My Afsondering mooi te maak en Ek sal die plek van My voete wonderlik maak.

14. Die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal buigend na jou toe kom en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole en hulle sal jou die Stad van יהוה noem, Tziyon van die Afgesonderde Een van Yisra’el.

15. Waar jy verlate en gehaat was met niemand wat deurgaan nie, sal Ek jou maak tot ’n ewige trots, ’n vreugde van geslag tot geslag.

16. Jy sal ook die rykdom van nasies byvoeg en die rykdom van konings verkry; dan sal jy weet dat Ek, יהוה, jou Verlosser, jou Loskoper is, die Magtige Een van Ya’akov.

17. In plaas van koper sal Ek goud bring en in plaas van yster sal Ek silwer bring en in plaas van hout, koper en in plaas van klippe, yster en Ek sal vrede as jou administrateur aanstel en onpartydige opregtheid as jou toesighouers.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 60