Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 60:14-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal buigend na jou toe kom en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole en hulle sal jou die Stad van יהוה noem, Tziyon van die Afgesonderde Een van Yisra’el.

15. Waar jy verlate en gehaat was met niemand wat deurgaan nie, sal Ek jou maak tot ’n ewige trots, ’n vreugde van geslag tot geslag.

16. Jy sal ook die rykdom van nasies byvoeg en die rykdom van konings verkry; dan sal jy weet dat Ek, יהוה, jou Verlosser, jou Loskoper is, die Magtige Een van Ya’akov.

17. In plaas van koper sal Ek goud bring en in plaas van yster sal Ek silwer bring en in plaas van hout, koper en in plaas van klippe, yster en Ek sal vrede as jou administrateur aanstel en onpartydige opregtheid as jou toesighouers.

18. Geweld sal nie meer in jou land gehoor word nie en ook nie verwoesting of vernietiging in jou grondgebied nie, maar jy sal jou mure “verlossing” noem en jou poorte “lofprysing.”Open 21:23-24

19. Jy sal nie langer die son bedags as lig hê nie en die maan sal ook nie vir jou lig as helderheid gee nie, maar jy sal יהוה as ’n ewige Lig hê en jou God as jou Lof en Eer.

20. Jou son sal nie meer ondergaan nie en jou maan nie kleiner word nie, want jy sal יהוה as ’n ewige Lig hê en die dae van jou rou sal verby wees.

21. Dan sal al jou mense onpartydig opreg wees; hulle sal vir ewig die land besit, die lote wat Ek geplant het, die werk van My hande sodat Ek geloof, geëer en aanbid sal word.

22. Die kleinste een sal ’n stam word en die geringste een ’n magtige nasie. Ek, יהוה, sal dit op die regte tyd verhaas.”Mat 11:5

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 60