Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 6:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die jaar van koning `Uziyahu se dood het ek יהוה sien sit op ’n hoë en verhewe troon terwyl die sleep van Sy kleed die tempel vul.

2. Serafs het bo Hom gestaan; elkeen met ses vlerke: met twee het hy sy gesig bedek, met twee het hy sy voete bedek en met twee het hy gevlieg.

3. Een het na ’n ander geroep en gesê: “Afgesonderd, afgesonderd, afgesonderd is יהוה-Tzva’ot. Die hele aarde is vol van Sy lof, eer en aanbidding!”

4. Die fondasies van die drumpels het gebewe deur die stem van hom wat uitgeroep het terwyl die tempel vol rook geword het.

5. Toe het ek gesê: “Wee my, ek is vernietig, want ek is ’n man van onrein lippe en ek woon onder ’n volk van onrein lippe, want my oë het die Koning, יהוה-Tzva’ot, gesien!”

6. Toe het een van die serafs na my toe gevlieg met ’n brandende kool in sy hand, wat hy met ’n tang van die altaar afgehaal het.

7. Hy het my mond aangeraak en gesê: “Let op, dit het jou lippe aangeraak en jou wetsoortreding is weggevat en jou sonde is vergewe.”

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 6