Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 57:15-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. want so sê die hoë en verhewe Een wat vir ewig leef, Wie se Naam (Karakter en Outoriteit) afgesonderd is: “Ek bly in ’n hoë en afgesonderde plek en ook by die berouvolle en nederige van gees, om die gees van die nederiges en die verstand, wil en emosie van die berouvolles weer te laat lewe,

16. want Ek sal nie vir altyd teëstaan en nie vir altyd kwaad wees nie, want die gees en die asem van dié wat Ek gemaak het, sal swak word voor My.

17. Ek was kwaad vanweë die onregverdigheid van hulle onregverdige wins en het hulle geslaan; Ek het My verberg en was kwaad en hy het aangehou op die manier van sy verstand, wil en emosie.

18. Ek het sy lewenswyse gesien, maar Ek sal hom genees; Ek sal hom lei en aan hom en dié van hom wat treur, troos herstelEfe 2:17 “Ek sal hom genees.”

19. deur lofprysing van die lippe te skep. Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir hom wat ver en die wat naby is,” sê יהוה;

20. Die bose oortreder is egter soos ’n onstuimige see, want dit kan nie rustig wees nie en sy waters gooi slyk en modder op.

21. “Daar is geen vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir die bose oortreder nie!” sê my God.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 57