Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 53:3-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hy is verag en deur die mense in die steek gelaat, ’n Man van smarte en bekend met droefheid en is verag soos een vir wie mense hulle gesig wegsteek en ons het Hom nie geag nie.Mat 8:17

4. Sekerlik het Hy óns siektes en óns benoudhede gedra; tog het óns Hom beskou as een wat aangetas is, deur God geslaan en onderdruk,Rom 4:25; 1 Kor 15:3; 1 Kef 2:24

5. maar Hy is deurboor vir ons oortredinge van die wet, Hy is vergruis vir ons onregverdighede; die tugtiging was op Hom sodat dit goed kan gaan met ons en deur Sy kastyding is ons genees.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 53