Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 5:9-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. In my ore het יהוה-Tzva’ot gepraat: “Sekerlik sal baie huise verlate word, grotes en mooies, sonder inwoner,

10. want tien morg wingerd sal een bat oplewer en ’n homer saad sal ’n efa graan lewer.”

11. Wee hulle wat vroeg in die oggend opstaan om sterk drank na te jaag, wat in die nag láát opbly sodat wyn hulle kan opwarm.

12. Hulle fees-etes is met lier en harp, tamboeryn, fluit en wyn, maar hulle gee nie aandag aan die dade van יהוה nie en die werk van Sy hande oorweeg hulle nie;

13. daarom gaan My volk in ballingskap weens hulle gebrek aan kennis, hulle eerbares ly honger en hulle menigte droog uit van die dors.

14. Sh’ol het daarom sy keel vergroot en sy mond oopgemaak sonder maat en Yerushalayim se prag, haar menigte, haar luidrugtigheid en die uitgelatenes, sink daarin weg.

15. So word die gewone man nederig gemaak en die belangrike man verneder, die oë van die trotse mense sal ook verneder word,

16. maar יהוה-Tzva’ot sal opgelig word in oordeel en die Afgesonderde God sal Homself Afgesonderd wys in onpartydige opregtheid.

17. Dan sal die lammers, soos hulle gewoond was, op hulle weiveld wei en die puinhope wat herbou sal word sal die eiendom van hulle regmatige eienaars wees.

18. Wee hulle wat die oortredinge van die wet saamsleep met koorde van valsheid en die sonde asof met wa-toue;

19. wat sê: “Laat Hy gou maak, laat Hy Sy werk verhaas sodat ons dit kan sien! Laat die doel van die Afgesonderde van Yisra’el naderkom en gebeur sodat ons dit kan ken!”

20. Wee hulle wat boosheid goed noem en goedheid boos; wat die duisternis plaas in die plek van lig en die lig in die plek van duisternis; wat bitter vervang met soet en soet met bitter.

21. Wee hulle wat wys is in hulle eie oë en slim is na eie oordeel.

22. Wee hulle wat helde is deur wyn te drink en dapper manne is deur sterk drank te meng;

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 5