Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 5:27-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Nie een van hulle is moeg of struikel nie, nie een sluimer of slaap nie, of het die gordel van hulle heupe losgemaak of die riem van hulle skoene gebreek nie.

28. Hulle pyle is skerp en hulle boë gespan; die pote van hulle perde is soos ’n vuursteen en hulle wiele soos ’n warrelwind.

29. Hulle gebrul is soos dié van ’n leeuwyfie, hulle brul soos jong leeus; dit grom as hy die prooi gryp en wegsleep sonder dat iemand dit red.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 5