Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 48:7-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hulle is nou geskep en nie lank terug nie en voor vandag het jy hulle nie gehoor nie sodat jy nie kan sê: ‘Let op, ek het dit geken,’ nie

8. Jy het dit nie gehoor nie, jy het dit nie geken nie. Selfs van lank gelede is jou oor nie oopgemaak nie, want Ek het geweet dat jy baie verraderlik sal optree en dat jy van geboorte af ’n rebel genoem is.

9. Om My Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil vertraag Ek My toorn en terwille van My lofprysing sal Ek jou behou en jou nie vernietig nie.

10. Let op, Ek het jou gesuiwer, maar nie soos silwer nie; Ek het jou getoets in die hoogoond van ellende.

11. Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen sodat My Naam nie onteer sal word nie en Ek My lof, eer en aanbidding nie aan ’n ander sal gee nie.Yes 41:4; Yes 44:6; Open 1:17; Open 2:8; Open 22:13

12. Luister na My, o Ya’akov, Yisra’el wat Ek geroep het; Ek is Hy; Ek is die Eerste, Ek is ook die Laaste.Gen 1:1

13. Sekerlik het My hand die aarde begin en My regterhand die hemele uitgesprei; wanneer Ek na hulle roep, staan hulle saam.”

14. Kom bymekaar, julle almal en luister! Wie onder julle het hierdie dinge verkondig? יהוה het hom lief; Hy sal Sy goeie plesier oor Bavel uitvoer en Sy arm sal teen die Kasdeërs wees.

15. “Ek, Ek het gepraat; inderdaad het Ek hom geroep, Ek het hom gebring en Ek sal sy paaie suksesvol maak.

16. Kom nader na My toe, hoor hierdie: Ek het van die begin af nie in die geheim gepraat nie; vanaf die tyd dat dit gebeur het, was Ek daar!” Nou het die Meester יהוה en Sy Gees my gestuur.

17. So sê יהוה, jou Verlosser, die Afgesonderde Een van Yisra’el: “Ek is יהוה, jou God, wat jou leer om uit te styg, wat jou lei op die pad wat jy moet gaan.

18. As jy maar net na My opdragte geluister het, dan sou jou vrede wees soos ’n rivier en jou onpartydige opregtheid soos die golwe van die see.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 48