Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 48:17-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. So sê יהוה, jou Verlosser, die Afgesonderde Een van Yisra’el: “Ek is יהוה, jou God, wat jou leer om uit te styg, wat jou lei op die pad wat jy moet gaan.

18. As jy maar net na My opdragte geluister het, dan sou jou vrede wees soos ’n rivier en jou onpartydige opregtheid soos die golwe van die see.

19. Jou nakomelinge sou wees soos die sand en jou nageslag soos sy korrels; hulle naam sou nooit afgesny of vernietig word van My Teenwoordigheid nie!

20. Gaan weg van Bavel! Vlug weg van die Kasdeërs! Verklaar met die klank van vreugdevolle krete, verkondig dit, stuur dit uit na die eindes van die aarde!” Sê: “יהוה het Sy kneg Ya’akov losgekoop.”

21. Hulle het nie dors gehad toe Hy hulle deur die woestyne gelei het nie. Hy het water uit die rots vir hulle laat vloei; Hy het die rots oopgekloof en die water het uitgevloei.

22. “Daar is geen vrede vir die bose oortreder nie,” sê יהוה.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 48