Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 48:14-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Kom bymekaar, julle almal en luister! Wie onder julle het hierdie dinge verkondig? יהוה het hom lief; Hy sal Sy goeie plesier oor Bavel uitvoer en Sy arm sal teen die Kasdeërs wees.

15. “Ek, Ek het gepraat; inderdaad het Ek hom geroep, Ek het hom gebring en Ek sal sy paaie suksesvol maak.

16. Kom nader na My toe, hoor hierdie: Ek het van die begin af nie in die geheim gepraat nie; vanaf die tyd dat dit gebeur het, was Ek daar!” Nou het die Meester יהוה en Sy Gees my gestuur.

17. So sê יהוה, jou Verlosser, die Afgesonderde Een van Yisra’el: “Ek is יהוה, jou God, wat jou leer om uit te styg, wat jou lei op die pad wat jy moet gaan.

18. As jy maar net na My opdragte geluister het, dan sou jou vrede wees soos ’n rivier en jou onpartydige opregtheid soos die golwe van die see.

19. Jou nakomelinge sou wees soos die sand en jou nageslag soos sy korrels; hulle naam sou nooit afgesny of vernietig word van My Teenwoordigheid nie!

20. Gaan weg van Bavel! Vlug weg van die Kasdeërs! Verklaar met die klank van vreugdevolle krete, verkondig dit, stuur dit uit na die eindes van die aarde!” Sê: “יהוה het Sy kneg Ya’akov losgekoop.”

21. Hulle het nie dors gehad toe Hy hulle deur die woestyne gelei het nie. Hy het water uit die rots vir hulle laat vloei; Hy het die rots oopgekloof en die water het uitgevloei.

22. “Daar is geen vrede vir die bose oortreder nie,” sê יהוה.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 48